Friday, 14 April 2017

'n Roos vir Ma

~~'n Roos vir Ma~~

Ons gee vandag aan Ma 'n roos
en wens U 'n geseënde Moedersdag.
As trane val, U weet net hoe
om ons te troos en weer te laat lag.

U is altyd bereid om hulp aan te bied,
vir U is niks ooit te veel moeite -
Knope vaswerk, babatruie brei,
ons weet U doen alles met liefde.

As ons iets op die hart het,
U het altyd tyd om te luister
En U sal aandag vir ons gee,
as ons net ietsie vir U wil fluister.

Ons weet dat ons na U toe kan gaan,
U weet in elk geval as iets ons pla.
Nooit sal U ons geheime verklap,
en advies sal U gee as ons vir U vra.

Netjies en mooi en alles fyntjies,
oorbelle, krale, borspeld en parfuum,
Strikkies en valletjies en tierlantyntjies,
deftig, 'n Dame, 'n Ma in 'n miljoen!

Met hande wat vir niks skrik nie,
het U vir u familie 'n tuiste geskep.
Ons weet die Woord is U daaglikse krag,
en U liefde die beste resep!

©Patricia Rossouw 2004
~~~~~~~~~~

Ma en Ouma, ons het U nie gekies nie,
U is 'n geskenk aan ons van God.

Ons is lief vir jou ~ Gelukkige Moedersdag

No comments: